Statiese elektrisiteit

Kontak met die glybaan het die kind se hare met positiewe energie gelaai en daarom stoot die hare mekaar weg. Die hare word ook aangetrek na die negatiewe lading van die glybaan se oppervlakte.

Statiese elektrisiteit is 'n wanbalans in die elektriese lading van 'n oppervlakte of materiaal. Die lading bly daar totdat dit in staat is om weg te beweeg deur 'n elektriese stroom of elektriese ontlading. Statiese elektrisiteit verskil van 'n elektriese stroom wat deur drade of ander geleiers beweeg en energie vrystel.[1]

'n Statiese elektriese lading word gevorm wanneer twee oppervlaktes aan mekaar raak en wegbeweeg van mekaar en die een oppervlak het 'n hoë weerstand teen die elektriese stroom ( vandaar die term elektriese insulator). Die meeste mense is bewus van die effek van statiese elektrisiteit want hulle kan dit hoor en voel en soms selfs die vonk in die donker sien wanneer 'n oormatige lading geneutraliseer word deur 'n groot elektriese geleier of 'n area wat gelaai is met 'n oormaat van die teenoorgestelde polariteit (positief of negatief). Die algemene verskynsel genaamd statiese skok, meer spesifiek 'n elektrostatiese ontlading, word veroorsaak wanneer die lading geneutraliseer word.

  1. Dhogal (1986).

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search